Woensdag 05 Oktober 2016

Tyd is soos water

Kan jy water vashou sonder dat dit deur jou vingers glip? Tyd is so konstand soos die golwe van die see, maar tog net soos jy nie water in jou hande kan vashou nie of die ritme van die see kan stop nie, so het tyd weg gevlieg toe ek nie gekyk het nie. 
Gelukkig draai seisoene geduldig in hulle wentelbaan en so ontwaak ek ook nou weer na 'n lang hibernasie slaap.
'n Nuwe jaar het sopas aangebreek met nuwe beloftes en drome!
Die hebrieuse woord vir "jaar" is "shana" wat se wortel beteken "om te verander". Dit klink na "n ingewikkelde konsep. Wat het 'n jaar  en om te verander enige iets anders as seisoene in gemeen. Die kalender volg in 'n oneindige siklus op mekaar net soos die seisoene, maar tog waarsku hebrieuse tradisie en leering teen blindelingse herhaling van jou lewens siklus jaar na jaar. Ons is veronderstel om met die draai van die jaar rekenskap te neem van ons suksese en waar ons gevaal het. Ons is nie veronderstel om dieselfde foute oor te maak nie.Verandering kan plaasvind wanneer ons eerlik is oor
ons flaters en dit korrigeer, ons suksesse identifiseer en dit herbevestig in ons lewenswyse. Dan moet ons ook nuwe drome in doelwitte verwoord.
As ek eerlik is met myself dan moet dit wees dat ek of te veel  teggelyk wil doen of ek raak verstrengel in die navorsing om die regte ding te doen, dat 6 maande later is nog steeds niks gedoen nie. Droom! Ja droom dit kan ek goed doen. Volkleur,  'n cinematiese meesterstuk!
So my doelwit is om eers te begin en dan groei en leer soos ek vorder.
Dit is my plan, tree vir tree.

PS: Hoe loop 'n mens op die water? Een tree voor die ander in Geloof.

Maandag 17 Maart 2014

In die begin

Enige goeie storie het 'n begin. 
Waar sal ek my storie begin, want my dagdromery het nie werklik 'n begin punt nie.
Om te begin, ek is geseend met baie talente, 'n liefde vir boeke en die versamel van kennis. Ek is 'n profesionele interieur ontwerper, en gordynemaker asook maak enige iets uitdagend, wat my hande kan vind om te doen.
My dagdromery is alles oor historiese kostuums en lewenswyse van 'n verbygaande era.
Na ongeveer vyf jaar se dromery is droom nie meer genoeg nie want "mooi rokkies wil sy dra".
Ek wil dankie se vir al die bloggers wat my inspireer met hulle skeppings.
Hier is ek, welkom by my huis waar ek my drome waar maak