Maandag 17 Maart 2014

In die begin

Enige goeie storie het 'n begin. 
Waar sal ek my storie begin, want my dagdromery het nie werklik 'n begin punt nie.
Om te begin, ek is geseend met baie talente, 'n liefde vir boeke en die versamel van kennis. Ek is 'n profesionele interieur ontwerper, en gordynemaker asook maak enige iets uitdagend, wat my hande kan vind om te doen.
My dagdromery is alles oor historiese kostuums en lewenswyse van 'n verbygaande era.
Na ongeveer vyf jaar se dromery is droom nie meer genoeg nie want "mooi rokkies wil sy dra".
Ek wil dankie se vir al die bloggers wat my inspireer met hulle skeppings.
Hier is ek, welkom by my huis waar ek my drome waar maak

1 opmerking:

  1. Aaaaaahhhhh Nanette!!!!! Ek luv jou blog! Mag YHWH jou blog seen en mag Hy al jou drome waar maak. Liefde Lizet

    AntwoordVee uit